Gallery
HESSEQUA SPORT NUUS - Dertien lede van die Langeberg-atletiekklub het aan vanjaar se Comrades-marathon op 9 Junie deelgeneem.
Dit was Matthys en Analie Heyns se 10de Comrades, terwyl vier van hulle vir die heel eerste keer deelgeneem het.
Nog vier het die Bill Rowan-medalje verower omdat hulle die moordende Comrades in minder as nege uur afgelê het.
“Baie geluk aan al ons atlete met hul prestasies, ons is baie trots op julle,” sê Nico Steyn, voorsitter van die klub.
Lede van die span wat aan vanjaar se Comrades-marathon deelgeneem het.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'