HESSEQUA NUUS - Die skool se top atlete in sekere items het op 21 Februarie weer kans gehad om hulself teen die bestes in die streek te meet en voor te berei vir die res van die atletiekseisoen.
Owern Petersen (seuns o.11) behaal 'n eerste plek in die 70 m hekkies, tweede plek in 80 m en 'n tweede plek in die 100 m.
Bernard Erasmus (seuns o.11) behaal 'n tweede plek in die 70 m hekkies, Johandré Pieterse (seuns o.10) behaal 'n tweede plek in die 800 m en Michelle Oosthuizen (meisies o.11) behaal 'n tweede plek in die verspring-afdeling.
Laerskool Volschenk se top atlete.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'