STILBAAI NUUS - Junesce Michaels, 'n leerder van Melkhoutfontein Primêr, het Saterdag 31 Augustus met 'n spogvertoning goud losgehardloop by die Wes-Kaapse Landloopkampioenskappe in Kaapstad.
Met hierdie eersteplek het Junesce vir haar 'n plek verseker in die Wes-Kaap span wat van 26 tot 28 September in Kimberley aan die Nasionale Landloopkampioenskappe gaan deelneem.
Om hierdie begaafde atleet se drome waar te maak beloop die onkostes R3 500-00 en indien enigiemand hulle weg oopsien om te help kan donasies aan die skool gemaak word. Skakel gerus die skoolhoof, mnr Graeme Cuttings, by 078 594 2880.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’