STILBAAI NUUS - Die seisoen het 25 Januarie met 'n opwindende kleurebyeenkoms begin.
Vanjaar is ses rekords verbeter.
Lyle-Clint Fielies (o.14) het die rekord vir 100 m en 400 m vir seuns verbeter.
Ander rekords is deur Reevin February (hoogspring, seuns o.17), Jamain Hendricks (verspring, seuns o.17), Sarise Oosthuizen (spiesgooi, meisies o.14) en Stephan Prinsloo (diskus, seuns o.17).
Prinsloo het die ou rekord met meer as drie meter verbeter (van 40,55 m na 43,77 m) en is as senior victor ludorum gekies.
Die senior victrix ludorum is Alika Steyn, junior victor ludorum is Lyle-Clint Fielies en die junior victrix ludorum is Anneke Charles.
Van links is Anneke Charles, Alika Steyn, Stephan Prinsloo en Lyle-Clint Fielies.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'