SUID-KAAP NUUS - Twee en twintig atlete het op 8 en 9 Maart aan die Wes-Kaapse atletiekkampioenskap in die Paarl deelgeneem.
Hulle het drie goue, drie silwer- en drie bronsmedaljes verower.
JL van Rensburg (o.15), Keagan Coericius (o.15), Philip Kleynhans (o.17), Simeon Oosthuizen (o.17) en Petri Steyn (o.19) is ingesluit in die Wes-Kaapse span vir deelname aan die SA Hoërskoolkampioenskap wat op 22 en 23 Maart in Port Elizabeth plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'