Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Marlé van Wyk en Tinka Fox is albei gekies om Suid-Afrika tydens die tweede World Para Athletics Junior Championships te verteenwoordig.
Van Wyk het ’n gebrek in haar oë terwyl Fox met klompvoete of ‘club’ feet gebore is en nie normaal kan loop of hardloop nie.
Hulle vertrek na Switserland waar die byeenkoms van 1 tot 4 Augustus by Nottwil se sportgronde aangebied word.
Fox sal aan die gewigstoot en spiesgooi deelneem terwyl Van Wyk naelope sal hardloop. Hoewel albei baie opgewonde is, is dit vir hulle spanningsvol.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'