TUINROETE-DISTRIK NUUS - 22 atlete van Hoër Landbouskool Oakdale het die laaste naweek in Maart aan die ASWD-kampioenskappe op Oudtshoorn deelgeneem.
Tydens die byeenkoms het 11 gekwalifiseer vir die SA atletiekkampioenskappe wat vanaf 7 tot 10 April in die Paarl plaasvind:
Seuns o. 16:
- Duraan Janse van Rensburg (300 m-hekkies),
- Erick Steyn (diskus),
- Wayne Ganniwa (1 500 m),
- Christoff Crous (5 000 m-stap) en
- Ruben Nel (200 m en 400 m)
Seuns o. 18:
- Righart Stander (hoogspring, diskus en gewigstoot),
- Pienie Pienaar (10 000 m-stap),
- Markus Viljoen (1 500 m).
Seuns o. 20:
- AJ van Vuuren (110 m- hekkies),
- Hennie du Plessis (spiesgooi) en
- Machs Hallbigh (verspring).
22 Oakdale-atlete het aan die ASWD-kampioenskappe deelgeneem.
Die 11 atlete wat Oakdale in die Paarl tydens die SA's gaan verteenwoordig is voor, van links: Wayne Ganniwa en Ruben Nel. Middel: Pienie Pienaar, Christoff Crous, Erick Steyn en Duraan Janse van Rensburg. Agter: Machs Halbich, Hennie du Plessis, Righart Stander, AJ van Vuuren en Markus Viljoen.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'