TUINROETE DISTRIK ATLETIEKNUUS - Eden Athlete Management Services se atlete het die afgelope naweek die terugkeer na atletiekbyeenkomste terdeë geniet.
Deacon Cooper van Hoërskool Punt het as deel van Nedbank Running Club, George aan OP Atletiek se ligabyeenkoms in Port Elizabeth gaan deelneem om weer gewoond te raak aan kompetisie-omstandighede. Al was sy afstande in die seuns o/16 hamergooi nie waarvoor daar gehoop is nie, was sy prestasie steeds goed genoeg om as individuele atleet vir die ASA kampioenskappe te kwalifiseer.
'n Groot groep atlete het die naweek ook aan die maandelikse SACSSA virtuele landloopbyeenkoms deelgeneem.
Eden is bevoorreg om puik munisipale parke in die omgewing te hê wat deelname aan sulke byeenkomste vergemaklik.
Hierdie atlete het almal aan die SACSSA virtuele landloopbyeenmoks deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'