TUINROETE | HESSEQUA ATLETIEKNUUS - Plaaslike atlete het baie goed tydens die Goukou-driekamp op Saterdag, 14 November op Stilbaai gevaar.
Die driekamp het uit twee afdelings bestaan. Die sprint-afdeling het bestaan uit 800m swem, 20km fietsry en 5km draf. Die olimpiese afdeling het uit 1.5km swem, 40km fietsry en 10km draf bestaan vir atlete wat vir meer kans gesien het.
Ongeveer 100 atlete, wat solo, sowel as aflosspanne ingesluit het, het deelgeneem.
Al die uitslae was nie beskikbaar nie. In die sprint solo dames-afdeling was Mirjam Breedt eerste in 'n tyd van 1:43 en vierde algeheel; Chanté van der Merwe tweede in 'n tyd van 1:48 en Monica Botha derde in 'n tyd van 2.09.
Volgens Mirjam Gouws was daar nie 'n aflosafdelings vir vroue nie, maar Mignon Collor (swem), Maralize van Zyl (fiets) en Cecilia Nel (draf) was die eerste vrouespan wat klaargemaak het.
André van der Merwe het goed gevaar met 'n vierde plek in die solo lang afstand.
Die organiseerders bedank Stilbaai se lewensredders en ander veiligheidsbeamptes wat hulle goed van hul taak gekwyt het.
"Die rivier, mooi natuur en stewige opdraandes maak Stilbaai perfek vir 'n lekker tawwe roete. Die sogenaamde heartbreak hill het die drawwers in stappers verander, maar gelukkig was dit 'n lekker afdraande met die terugkeer."
Die byeenkoms is deur Matthew Thompson en Clare Robertson gereël en het op die Rivermist-plaas plaasgevind. Volgens Robertson gaan dit 'n jaarlikse byeenkoms wees.
Chanté van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'