STILBAAI NUUS - Die Erfenisfees-pretdraf oor 16 km en 5 km vind vanjaar op Saterdag 27 September plaas.
Die 16 km-roete begin in Jongensfontein en kronkel seelangs tot in Stilbaai en eindig uiteindelik by Palinggat, waar die toerismekantoor geleë is.
Die vyf km-roete begin by die Skulpiesbaai-parkeerterrein en eindig ook by Palinggat waar daar allerlei stalletjies met kos en ander snuisterye sal wees.
Vir meer inligting kontak die toerismekantoor by 028 754 2602.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’