STILBAAI NUUS - Die splinternuwe Bon Game parkrun het Saterdag,16 Augustus, 115 drawwers en stappers gelok.
Dit vind plaas in die Bon Game Reservaat wat langs die Gouritzrivier tussen Albertinia en Mosselbaai geleë is.
Die pragtige 5km-roete met die ikoniese Gouritzrivierbrug in die agtergrond, het sy uitdagings met 'n paar bulte wat die drawwers toets, maar hulle is dit almal eens dat hulle dit weer sal doen.
Selfs die befaamde Louis Massyn van George, wat vanjaar sy 50ste Comrades voltooi het, was daar en hy het dit baie geniet.
Die parkrun vind elke Saterdagoggend 08:00 plaas en daarna kan die deelnemers heerlik ontspan in die Barney Barnato Restaurant op die terrein.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’