RIVERSDAL NUUS - Sewe en twintig atlete het op 9 en 10 Maart SWD tydens die Wes-Kaapse atletiekkampioenskap in die Paarl verteenwoordig.
Dit was veral die twee o.15 Oakdale-atlete, Machs Hälbich en Philip Kleynhans wat beïndruk het.
Machs verwerf goud in die verspring met 'n afstand van 6,16 m en 'n tweede plek in die driesprong met 12,88 m.
Philip Kleynhans behaal 'n eerste plek in die o.15-gewigstoot met 'n rekordafstand van 18,87 m, asook 'n rekordafstand van 60,43 m in skyfwerp.
Albei afstande is ook persoonlike bestes. Josha Lawson het 'n tweede plek in die skyfwerp o.19 verwerf, asook 'n derde plek in die gewigstoot. Jandré Jordaan beklee 'n tweede plek in die 5 000 m-stap met 'n tyd van 27:42:00.
Simeon Oosthuizen hardloop in die 300 m-hekkies met 'n tyd van 39,36 sek. 'n tweede plek los en 'n derde plek in die 400 m met 'n tyd van 51,32 sek.
Philip Kleynhans met 'n nuwe rekord in diskusgooi met 'n afstand van 60,43 m.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'