TUINROETE ATLETIEK NUUS - 'n Groep Mosselbaai-atlete het onder leiding van Eden Athlete Management Services aan die SA Christian Schools Sports Organisation se tweede virtuele-landloopkompetisie deelgeneem.
Hierdie virtuele byeenkomste bied vir kinders die geleentheid om op 'n vriendskaplike manier na die inperkingstyd weer aan die oefen te kom. SACSSA bied elke maand so 'n byeenkoms aan.
Vir baie van die atlete was hierdie hulle eerste landloop-kompetisie terwyl Kevin Schell (6km) en Hanley Nel (3km) puik presteer het en nuwe persoonlike beste tye behaal het.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'