Gallery
HEIDELBERG NUUS - Die Vlakte-marathon en halfmarathon is vanjaar weer ten bate van KANSA op Saterdag 24 November aangebied.
Dié marathon het van Heidelberg tot Witsand/Port Beaufort gestrek.
Tiaan Gildenhuys het sy verhaal oor kanker gedeel en Langeberg-atletiekklub het 'n tjek van R10 000 aan Minette van Zyl van KANSA oorhandig.
Nadat Mandie Zietsman haar 10de Vlakte-marathon voltooi het, het sy haar permanente wedloopnommer ontvang. Lima Eksteen (58) het die marathon in 'n tyd van 03:59:39 kafgedraf.
Danie Geldenhuys het aan die 42,2 km deelgeneem en 'n 21ste plek met 'n tyd van 03:26:06 behaal. 19 van dié klublede het die marathon (42,2 km), 18 die halfmarathon en 11 die 10,4 km voltooi.
Gert Janse van Rensburg (63) neem aan die 21,1 km deel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'