STILBAAI NUUS - Madison October, 'n graad 6-leerder van Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai, het onlangs aan die Wes-Kaap-netbalproewe deelgeneem en uitstekend presteer.
As doelskieter het sy 'n bestendige hand en mis selde die net. Daar wag beslis vir haar 'n blink netbaltoekoms.
Madison is opgeneem in die o. 12-span wat vanaf 28 Junie tot 2 Julie in Boksburg, Gauteng, aan die SASN All Ages-toernooi gaan deelneem.
Die room van die land se skole-netbaltalent gaan daar kragte meet om te bepaal watter provinsie die kampioene in elke ouderdomsgroep is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’