STILBAAI NUUS - Rugbybloed vloei beslis in die 13-jarige Migael van Zyl van Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai se are.
Migael, wat senter vir sy skool se o. 13-span speel, het die keurders so beïndruk dat hulle hom as die SWD Cravenweekspan se nommer een-skrumskakel gekies het.
Skrumskakel is nie vir hom 'n vreemde posisie nie en hy sien uit daarna om sy staal tydens die Cravenweek te wys.
Migael het reeds verlede jaar sy vuurdoop in provinsiale rugby gehad toe hy vir die SWD o. 12-span gekies is. Provinsiale rugby is dus niks nuuts vir hom nie.
Die o. 13-Cravenweek vind vanjaar van 29 Junie tot 3 Julie by Grey Kollege in Bloemfontein plaas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’