Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO – Hoërskool Langenhoven se jaarlikse kleuresportdag het vroeër vandag amptelik afgeskop, met die geel- en groenspan wat mekaar op die atletiekbaan die stryd aansê.
Die atmosfeer is elektries, met leerders, opvoeders en ondersteuners wat vol gees en entoesiasme hul spanne aanmoedig.
Verskeie items word deur die loop van die dag beslis, maar dit is veral die verwagte finale aflos wat groot afwagting skep.
Die beslissende wedloop sal omstreeks 20:00 plaasvind, waarna die wenkleursportspan van die dag aangekondig sal word. Organiseerders benadruk dat, ongeag die uitslag, sportmanskap en spanwerk die ware wenners van die dag is.
Foto's: Ben Snyman
VIDEO:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’