STILBAAI NUUS - Stilbaai-rolbalklub se eerste aksie rolballigatoernooi vir 2024 skop af op Donderdag 15 Februarie.
Daar is 24 spanne wat dit gaan uitspook oor ses spannende weke om as kampioene gekroon te word.
Manie Rood en Die Flintstones het in die vorige twee toernooie met die louere weggestap.
Gaan hulle dit 'n derde keer agtereenvolgens doen of gaan iemand hulle onttroon?
Vet Pret het verlede jaar al gesê dat hulle die bordjies gaan verhang, maar Oppit en Roman Security staan nog tussen hulle en Die Flintstones.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’