STILBAAI NUUS - Indien jou vakansie in Stilbaai einde se kant toe staan en jy nog nie by die palingvoer by Stilbaai Toerisme was nie moet jy nie die kans laat verbygaan nie.
Die enigste mak palings in Suid-Afrika word elke dag om 11-uur die oggend gevoer by Stilbaai Toerisme se kantoor by Palinggat en is beslis die moeite werd.
Die kantoor is aan die onderpunt van Langenhoven Straat en die kantoor kan gekontak word by 028 754 2602.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’