STILBAAI NUUS - Stilbaai hawe is 'n miernes van bedrywighede en terwyl die ouers koffie drink of visvang is die kinders by die hawemuur besig.
JG en Lea-Neigh Retief kom net betyds uit die pad van die golf wat oor die hawemuur slaan.
Later was hulle nie so gelukkig nie en albei is sopnat huistoe.
Hulle ma sê as hulle kan sal hulle heeldag daar speel, want hulle is versot op waterspeletjies en swem.
Stilbaai is 'n gesogte vakansiebestemming, want daar is soveel goed om te doen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’