Gallery Video
SUID-KAAP NUUS - Die eiendomsgroep, Chas Everitt het saam met hulle Suid-Kaap- en Worcester-agente, en gaste die jaar met 'n prysuitdeling tydens 'n glansgeleentheid by Kweekkraal op Donderdagaand 30 November afgesluit.
Die hoof- uitvoerende beampte van CDK Investments, Charles de Kock het gaste verwelkom.
Die orkes MC2 het vir 'n gesellige atmosfeer gesorg terwyl gaste tydens sonsondergang 'n drankie kon geniet.
In 'n oorsig na die uitdagings van die afgelope jaar, is dit teen die prestasies en seëninge opgeweeg en volgens De Kock was die uitdagings goed uitoorlê.
Vennote, waaronder Suid-Kaap Forum, is vir goeie diens bedank.
"Hierdie koerant is in 'n ander liga, baie professioneel en hierdie streek vind baie baat daarby," het hy gesê.
Volgens De Kock poog hulle agente ook daarin om nie huise te verkoop nie, maar tuistes. Huiskoop is 'n groot besluit en dit is waar Chas Everitt juis so 'n belangrike rol speel.
Maria de Villiers, streekbestuurder het genoem dat daar, "Op hierdie wonderlike aand, elkeen se deursettingsvermoë gevier word. Daar is ook die vooruitsig dat, binne die volgende 20 jaar meer mense veilige tuistes in die platteland gaan begin soek, veral daar waar hulle hul taal, Afrikaans, kan praat."
Gaste word met 'n rooi mat en yskoue drankies verwelkom.
Berry Everitt, hoof- uitvoerende beampte van Chas Everitt Internasionale Eiendomsgroep het met trots getuig van die harde werk van agente wat nie ongesiens verbygaan nie.
Kyk 'n video hieronder:
Hy het terugvoering gegee van hoe die mark tans in die land lyk.
"Next year the focus of Chas Everitt will be on knowledge. We want to be different, we want to have a whole team of people who can provide you with answers." Hulle mikpunt sal altyd wees om 'n 100% markaandeel te kry.
Berry Everitt en Liandra de Kock het die prysuitdeling behartig.
Die volgende agente is vir hulle sukses vereer
- Jeanne Hamman van Stilbaai (brons),
- Piet Janse van Rensburg van Albertinia (silwer),
- Joubert en Vermaakspan van Barrydale (goud),
- Gido Beester van Swellendam (platinum) en
- Theresa Bornman van Swellendam is met diamantstatus verwys as die beste agent van die jaar.
Tydens die prysuitdeling was ook 'n smaakvolle driegangmaaltyd voorgesit.
Lees 'n vorige artikel: Chass Everittt sluit af
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'