Gallery
RIVERSDAL NUUS - Die Vryheidsfront Plus (VF+) het saam met dr. Corné Mulder, Wes-Kaap VF+ leier met 'n gedruis deur die dorp se strate beweeg.
Dit was ter viering van die party wat 'n Suid-Kaap streekkantoor op die dorp geopen het.
Royal Crusaders se Kerfeeskoor-orkes het die optog gelei.
Mulder het gesê: "Die kantoor het twee doelwitte. Dit sal as die party se streekkantoor dien en die verkiesingsveldtog sal vandaar plaasvind. Die kantoor is sentraal geleë. Ons wil graag die party se voetspoor aansienlik vergroot en ons sigbaarheid in Hessequa vermeerder."
Anette Steyn, Hessequa VF+ koördineerder, het gesê dat hulle opgewonde is oor die verwikkelinge en dat mense welkom is om die kantoor te besoek.
Johannes Hartnick, onderburgemeester, het die geleentheid bygewoon. Hy het saam met Mulder die lint geknip om die kantoor amptelik te open.
Dr. Corné Mulder en Johannes Hartnick juig nadat die kantoor amptelik geopen is.
Lees 'n vorige artikel: Vryheidsfront Plus nou meer sigbaar
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'