Sy sou saam met haar vriend Frikkie Delport na ’n krieketwedstryd by die Hoër Tegniese Skool gaan kyk het voordat sy 14:30 na haar dansklasse net oorkant die straat van die hoërskool sou gaan.
Sy is nooit weer gesien nie en haar foon is sedertdien af. Die soektog na haar het tot op hede geen positiewe resultate gelewer nie.
“Iets is nie reg met hierdie prentjie nie. Hier is êrens groot fout. Hierdie is nie my Neline nie. Dis nie my kind nie, my kind maak nie so nie,” het mev. Van Zyl gesê.