OUDTSHOORN NUUS - Die KKNK verskuif sy gewilde feesterrein in 2018 na die meer sentraal geleë Oudtshoorn en Vredestraat Sportterreine.
Dié aankondiging is deur Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, die maatskappy wat die KKNK aanbied, gedoen.
Volgens Snyman het terugvoer van borge, feesgangers en inwoners aanleiding tot dié skuif gegee.
“Borge en feesgangers verkies ’n feesterrein wat sentraal tot die hartklop van die KKNK is en die nuwe feesterrein by die kruising van Voortrekkerweg met Baron van Reedestraat en Langenhovenweg, is dus ideaal,” sê sy.
Snyman wys verder daarop dat daar geen inwoners is in dié gedeelte van Vredestraat wat tydelik gesluit sal moet word nie en dat die vlakke van ongerief wat met tydelike inrigting gepaard gaan, dus veel minder sal wees.
Sy sê feesgangers sal alles waaraan hulle die afgelope agt jaar in die Rivierbuurt gewoond was, én meer, op die nuwe terrein ervaar.
Lees meer op ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'