GEORGE NUUS - Die skielike dood van die geliefde verkeersman, Sylvester Parks (29), is gister, 18 Augustus, met groot skok en hartseer begroet.
Die George-polisie het ’n dossier vir ’n geregtelike doodsondersoek geopen ná sy skietdood by Voëlklip in Heroldsbaai.
Parks, ’n provinsiale verkeersbeampte van Mosselbaai, is vroeg gisteroggend dood in sy motor naby die gewilde uitkykpunt aangetref.
Volgens inligting aan George Herald het vissermanne, wat van die see af teruggekeer het, eerste op sy voertuig afgekom. Kort daarna het kollegas en nooddienste op die toneel opgedaag.
Lees meer by susterskoerant, George Herald.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’