MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaiers was op Donderdag, 30 Mei, net so voor 15:00 uiters verbaas om 'n luukse superjag te sien anker gooi in die plaaslike hawe.
Dié jag, wat voorheen in die besit was van die Russiese motormagnaat, Alexander Vershavsky, het in Januarie 2023 van eienaar verwissel en behoort nou aan sjeik Suroor bin Mohammed al Nahyan.
Hy staan as MBZ bekend en is die huidige president van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) en is ook die amptelike heerser van Abu Dhabi ná die dood van sy broer op 13 Mei 2022.
Met 'n lengte van 107 meter is die Mar (voorheen die Lana) een van die grootste superjagte, wat deur die Italiaanse Benetti-skeepswerf in Viareggio, Italië, bekend gestel is.
Die Amerkaanse miljardêrs Bill Gates en Jeff Bezos is van die bekende persoonlikhede, wat al van dié jag gebruik gemaak het.
So stil as wat die jag die Mosselbaaise hawe binnegekom het, het sy weer verdwyn en het volgens vesselfinder.com, Saterdagoggend, 1 Junie, om 07:30 in die Kaapstad hawe aangekom.
Die eetkamer. Foto: SuperYachtFan en benettiyachts.it
Lees meer by www.mosselbayadvertiser.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’