GLENTANA NUUS - Die vyf familielede wat op Sondagaand, 2 Oktober in 'n motorongeluk op die N2 naby Glentana dood is, was op pad na hulle vakansiebestemming in Knsyna.
Die familie is van Malmesbury. Die oorledenes is Mandy Steward (45), haar man Jack (48), hul sesjarige dogtertjie en Jack se ouers wat beide 78-jaar oud was.
Die sesde insittende van die Ford Eco-sport, die Stewards se 12-jarige seun, is die enigste oorlewende en word sover bekend in ‘n hospitaal in George behandel. Die aard van sy beserings is nog nie bekend nie.
Lees meer in susterspublikasie, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Glentana, Tuinroete nuus'