STILBAAI NUUS - Te midde van streng veiligheidsmaatreëls het die twee verdagtes in die dwelmsmokkel saak waarby bykans R252 miljoen se kokaïn deur die Stilbaai hawe gesmokkel is het Woensdag 31 Julie in die hof op Riversdal verskyn vir 'n borgtog aansoek.
Die saak is egter uitgestel aangesien die verdediging nog wag vir sekere dokumentasie van hulle kliënte, die 49-jarige Allen Bushby en die 39-jarige Marco Ninic.
Die twee verdagtes sal in aanhouding bly tot hulle volgende hofverskyning.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’