Om brandstof so doeltreffend as moontlik te laat werk, probeer hierdie wenke:
- Skakel so gou moontlik na 'n hoër rat oor sonder om die enjin te ooreis. Dit is 'n algemene fout om die revolusie té hoog op te stoot voor ratte gewissel word. Dit kan 'n groot verskil aan brandstofverbruik maak.
- Laat die banddruk nagaan. Deskundiges meen dat 'n band wat selfs net 20% te min lugdruk in het, 'n motor tot 3% meer brandstof laat gebruik.
- Verwarmers en venster-ontwasemers maak 'n groot verskil in die winter, maar jaag brandstofverbruik op. Onthou om dit af te skakel wanneer die motor warm is.