Gallery Video
STILBAAI NUUSFLITS - Just Wheels-motorgroep het eienaars van unieke en veteraanmotors genooi om Saterdag 25 Augustus by die brugmark op die dorp te skou.
Sewentien motors is uitgestal en bewonderaars het om die motors gekloek.
Die motorgroep het in Desember 2016 hul eerste motorskou in Jongensfontein gehou. Dertien motors is uitgestal.
Hulle probeer om een keer ’n maand ’n geleentheid te skep waar eienaars hul motors kan uitstal. Omdat die motors stadig ry en meestal net eenkeer ’n maand ry, is die stygende brandstofprys nie vir hulle ’n groot bekommernis nie.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'