Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Wheels Gathering wat in 2016 vir die eerste keer aangebied is, het weer op Saterdag, 16 Desember in Heiderand plaasgevind.
Dirk van der Merwe, wat die projekorganiseerder is, het bevestig dat daar knap oor 'n 100 van die 127 inskrywings vanjaar opgedaag het om hulle spogvoertuie ten toon te stel.
Volgens Van der Merwe het die belangstelling geweldig gegroei sedert verlede jaar.
Ongelukkig het die reënbui Saterdagmiddag van die deelnemers met oop voertuie laat vertrek, ten einde skade aan hulle geliefde eiendom te verhoed.
Die oudste voertuig op die skou was die 1915 Model T Ford van Ockert van der Berg van Groot-Brakrivier waarvoor die spoggerige eienaar 'n prys gewen het.
Ongelukkig het die reënbui Saterdagmiddag van die deelnemers met oop voertuie laat vertrek.
Van der Berg het die Model T Ford binne 'n jaar se tyd "uit stukkies" opgebou.
Saterdag, voor hy met sy lorrietjie aangetree het, het hy eers 'n paartjie wat hulle 50ste huweliksherdenking gevier het 'n pretrit ter herdenking van dié groot mylpaal gegee.
ARTIKEL & FOTO'S: TERSIA MARAIS, MOSSEL BAY ADVERTISER KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'