Gallery
MOTORNUUS - ’n 1959 Morris Minor met die unieke registrasienommer NODDY 59 – WP behoort aan rekenmeester Tertius le Roux.
Die naam verwys na die storieboekkarakter Noddy, wat ook met so ’n karretjie ry – al is dit ietwat meer kleurvol!
Tertius het vroeër met ’n 1971 VW Beetle gery, maar omdat sy vrou Alida ’n Morris verkies, het hy na een begin soek. Hy het dit sowat agt jaar gelede in die dorpie Val in Mpumalanga gaan haal.
Hy het die bakwerk, enjin en binneruimte deur plaaslike kundiges laat opknap, en sedertdien ry hy feitlik elke dag daarmee werk toe.
• Lees meer in die AutoDealer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'