Die F Sport-weergawe van die RC 350 pronk met visuele en dinamiese verbeterings teenoor dié van die gewone model. Visuele verbeterings sluit 'n binne- en buite-stileringspakket in met 'n rompstel, wiele, binneruim-instrumente, sitplekke en ander detail.
Die F Sport se dinamiese verbete-rings behels die voor- en agterve-ring wat eksklusief ingestel is, die beskikbaarheid van Lexus se aanpasbare veranderlike vering (Adaptive Variable Suspension of AVS) en Lexus se dinamiese hanteringstelsel (Lexus Dynamic Handling - LDH) wat dinamiese agterwielstuur insluit.
ONTWERP
Die voorkant van die F Sport-modelle, wat deur die model se sierrooster onderskei word, is 'n verdere ontwikkeling van die Lexus-uurglasrooster.
Die F Sport-modelreeks spog ook met 'n unieke 19"-F Sport-allooiwielontwerp en sal in drie spesial rompkleure - wit, oranje en vlamblou - beskikbaar wees met 'n spesiale F Sport-stuurwiel en rathefboomknop. Die F Sport se binneruim word deur Wedge Metal-afwer-king gekenmerk en 'n eksklusiewe kleur Dark Rose.
HANTERING
Lexus se ingenieurs het die RC F Sport versigtig ten gunste van beter dinamiese verrigting ingestel. Dié verbeterings aan die F Sport-model begin met die gebruik van aanpasbare ver-anderlike vering (AVS). Die AVS skakel by die rymodus in en reageer op die bestuurder se insette, voertuigrompbeweging en padoppervlaktoestande om die verrigting van die veerstelsel in al vier hoeke outomaties en onafhanklik te verstel vir dinamiese beheer.
Wanneer die voertuig se Sport+-modus gekies word, verander die AVS ook na 'n sportiewe rompbeheer en reaksie op stuurinsette.
Die verbeterings aan die veerstelsel van die RC 350 F Sport word deur die vierwielstuur van die LDH-stelsel aangevul. Hierdie moderne tegnologie sorg vir naatlose samewerking tussen die agterstuurstelsel (DRS), elektriese kragstuur (EPS) en veranderlike stuurratverhouding (VGRS). Die stelsel bereken die volmaakte hoek vir al vier wiele deur die voertuigspoed, stuurrigting en bestuurderinsette te monitor. Die LDH-stelsel monitor die voertuig se spoed en swaai, stuurhoek en spoed, sowel as laterale swaartekrag vir die berekening van agterwielstuur-insette.
Lexus se dinamiese hantering koördineer alle bestuurshulp en die veiligheidstelsels om by die voertuigspoed en bestuurstyl te pas.
BESONDERHEDE
RC 350 Lengte / mm 4 695; Hoogte / mm 1 395; Breedte / mm 1 840;
Asafstand / mm 2 730; Agterwielaandrywing Soort enjin 2 GR-FSE Aantal silinders V6;
Kraglewering in 234kW teen 6 400 r/min en wringkrag in 380Nm teen 4 800 r/min
Ratkas outomatiese 8-gang. Dié inligting is van die oorsese model voor vervaardiging. Voertuie bestem vir SA kan verskil in die spesifikasie. Meer besonderhede en die prys sal nader aan die bekendstellingsdatum teen einde 2014 bevestig word.
FOTOGALERY

Die F Sport se binneruim: gekenmerk deur 'n eksklusiewe donker rooskleur.

Lexus se F Sport-weergawe van die RC-koepee is vandeesmaand aan die wêreld gewys. Foto's: Lexus SA
'We bring you the latest Garden Route, Klein-Karoo news'