Gallery Video
MOTOR NUUS EN VIDEO - Nostalgie het Saterdag 29 Junie hoogty by die Brugmark gevier toe die Just Wheels motorgroep weer saamgetrek het om met hul klassieke ysterperde te spog.
Die eienaars van die pragtig gerestoureerde voertuie is duidelik trots op hul handewerk en hulle gesels graag oor dié stokperdjie.
Een blinkswart Borgward het tussen die kleiner voertuie rondom uitgestaan.
Dit is die eiendom van Graham Davies van Jongensfontein. Hy verklaar onomwonde dat hy ’n voorliefde vir Borgwards het. Te danke aan hom het nie minder nie as nege van hulle ’n nuwe lewe gekry. Hy woon elke Just Wheels-byeenkoms met ’n ander model by.
Kyk 'n video hieronder:
• Enigiemand wat belangstel om by die Just Wheels motorgroep aan te sluit, kan Johan Beetge kontak by 083 725 3790.
• Lees meer in die AutoDealer in Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'