HEIDELBERG NUUS - Die dorp se spogproduk, Young Royal Shepherds Kersfeeskoor, het Sondag 22 Maart hul dankbaarheid teenoor hul Maker betoon deur ’n dankseggingsdiens by JF Neumann Memorial Congregational Church by te woon.
Die koor is tydens die diens deur eerw. Morgan Jacobs hartlik welkom geheet en gelukgewens vir hul uitstaande prestasies tydens die kompetisies.
Hulle het ook terselfdertyd hul dankbaarheid aan hul getroue ondersteuners betoon deur hul ‘silwerware’ tydens ’n optog op pad en terug van die kerk in die woonbuurt te vertoon.
Die koor se musikante onder leiding van Nathan Ruiters, musiekafrigter en dirigent het die jaar op drie verskeie geleenthede tydens kompetisies die die eerste plek vir gesogte solo-liedere behaal.
Daar is ook in die ander afdelings bekers ingepalm.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’