STILBAAI NUUS - Johan van Rooyen van die U3A Stilbaai Voëlgroep gaan Donderdagaand, 23 Oktober, om 19:00 'n interaktiewe aanbieding gee oor die voëlgeluide in 'n Stilbaai-tuin.
Dit is 'n lekker geleentheid om jouself te toets en in die proses, sommer 'n paar nuwe geluide by te leer.
Die aanbieding is in Engels en Afrikaans en gaan by Jagersbosch in Die Waenhuis plaasvind. Van Rooyen nooi jou om saam te kom speel, jou kennis te toets en om te leer.
Die koste vir lede is R5 en vir nie-lede is dit R10.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’