Video
RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven in Riversdal is vandag en môre, 22 en 23 Mei, die gasheer vir die Wes-Kaapse provinsiale netbaluitdunne waar jong spelers van regoor die provinsie hul talent op die baan gaan wys in die hoop om vir provinsiale spanne gekies te word.
Die uitdunne vind op die skool se netbalbane plaas en spelers in ouderdomsgroepe van o. 12 tot o. 18 neem deel.
Verskeie distrikte, waaronder Eden, Weskus, Kaapse Wynlande, Overberg, Kaapstad en die Sentraal-Karoo, stuur hul beste spelers na Riversdal vir die keuringsproses.
Registrasie en openingsverrigtinge het Vrydagmiddag begin, waarna wedstryde in verskeie rondes beslis word.
Die uitdunne duur Saterdag voort voordat die provinsiale spanne aan die einde van die keuringsproses aangekondig word.
Die byeenkoms bring nie net topnetbaltalent na Riversdal nie, maar plaas ook Hoërskool Langenhoven in die kollig as gasheer vir een van die provinsie se belangrike netbalgeleenthede.
Video: Ben Snyman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’