HEIDELBERG NUUS - Nagenoeg 60 werkers van dié dorp, asook Slangrivier en Witsand, waarvan die meerderheid enkelma's is, het hul salarisse vir Augustus uiteindelik verlede week, Woensdag 12 en Donderdag 13 September ontvang.
Die opsigters (supervisors) het blykbaar nog nie hul vervoergeld gekry nie. Die groep, almal werkers van Gamia Projects, implementeringsagent vir die regering en meer spesifiek die departement van omgewingsake, wat die woonbuurte en strande skoonmaak, was hewig ontsteld omdat hulle so lank moes wag.
Volgens die ontevredenes het die bestuur hulle nie aan hul pleidooi gesteur en nie eens hul selfone geantwoord het nie.
Suid-Kaap Forum se Heidelberg korrespondent, Clive Pretorius was met Joseph Bruintjies, projekbestuurder vir die departement in verbinding, wat bevestig het dat hy van die werkers se dilemma bewus was en het die e-pos na hul hoofkantoor verwys.
Hul mediawoordvoerder, Albi Modise, het Vrydag 7 September per e-pos laat weet dat die betaling teen Donderdag 13 September sal geskied.
Die groep, almal werkers van Gamia Projects, implementeringsagent vir die regering en meer spesifiek die departement van omgewingsake, wat die woonbuurte en strande skoonmaak, was hewig ontsteld omdat hulle so lank moes wag.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'