STILBAAI NUUS - Die United Families Foundation, 'n nie-winsgewende organisasie wat hom beywer om die lot van kinders te verbeter, het gesorg dat die kinders van Melkhoutfontein 'n dag beleef wat hulle nooit sal vergeet nie.
'n Water glybaan en springkasteel het vir die kinders ure se pret verskaf en die gelag en gejil het oor die rugbyveld weerklink.
Tussendeur is daar sommer 'n vinnige raakrugby wedstryd onder mekaar gereël en die kinders kon vir 'n wyle net vergeet van alles wat hulle pla en dinge waarmee hulle worstel.
Volgens Martin van Niekerk, voorsitter van die organisasie, kies hulle jaarliks 'n dorp waar hulle dan aan die einde van die jaar so 'n dag van pret aanbied vir die kinders en dit is vir hulle 'n wonderlikie voorreg dat hulle vanjaar in Melkhoutfontein kon wees.
Die kinders is ook bederf met 'n heerlike boereworsrol, roomys, springmielies en 'n geskenksakkie voordat hulle weer terug is huistoe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’