HESSEQUA NUUS - Ná die goeie reënval van die afgelope tyd in die Hessequa munisipale area, het die Raad op 27 Mei besluit om waterbeperkings in al die dorpe na Vlak Twee te verlaag.
Vlak Twee beteken dat tuine twee keer per week natgemaak mag word.
Ewe huisnommers op Maandae en Donderdae en onewe huisnommers op Dinsdae en Vrydae tussen 17:00 en 18:00.
Tuinslange onder toesig, emmers, gieters en outomatiese besproeiingstelsels mag gebruik word, mits dit binne die toegelate tydgleuf plaasvind.
Die afspuit van verharde oppervlaktes bly verbied.
Voertuie, karavane en bote mag slegs met 'n emmer gewas word.
Waar ander waterbronne soos reënwatertenks of boorgate gebruik word, moet dit duidelik aangedui word.
Ouetehuise, kwekerye en karwas besighede word van die beperking uitgesluit.
Die lewering van munisipale dienste, insluitend sportfasiliteite en munisipale bates, word ook uitgesluit en sal op 'n ad hoc basis deur die administrasie bestuur word.
Die nuwe beperkings vervang alle vorige maatreëls en geld vir:
- Albertinia
- Gouritsmond
- Stilbaai
- Melkhoutfontein
- Jongensfontein
- Witsand
- Slangrivier
- Heidelberg
- Garcia
- Riversdal
Die situasie in die verskillende dorpe sal deurlopend gemonitor word en strenger beperkings kan weer ingestel word indien waterbronne verswak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’