STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Militêre Veterane-vereniging het Wapenstilstanddag op Sondag 12 November gevier.
Kranse word jaarliks gelê ter herdenking aan alle soldate wat in die twee wêreldoorloë en alle oorloë daarna gesterf het.
Dit word 11-uur die oggend van die Sondag naaste aan 11 November gedoen.
Hierdie jaar het gaste van sover as Jeffreysbaai, Franskraal en Riversdal gekom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’