RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven is trots op vyf van hul talentvolle leerders wat vir die Southern Cape Sables gekies is.
Abigail Louw, Anke Labuschagne, Zara Kleynhans, Izel Delport en Emma Gildenhuys het almal ’n plek in die span verwerf wat die Suid-Kaap tydens die Pro Series Indoor Hockey Nationals 2025 van 14 tot 18 Desember in Kaapstad gaan verteenwoordig.
Die skool het die jong hokkiespelers geloof vir hul toewyding, harde werk en deursettingsvermoë.
“Ons is ongelooflik trots op hierdie Dasse wat ons naam met trots op nasionale vlak gaan uitdra,” lui ’n verklaring van die skool.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’