STILBAAI NUUS - Brandbestryders van Tuinroete Distrikmunisipaliteit en Hessequa Munisipaliteit het deur Oukersnag geswoeg om die brand, wat by tye onbeheerbaar gebrand het, onder bedwang te bring.
Die brand is tans sowat 70% onder beheer, maar brand nog in kolle in onherbergsame gebied en is nog lank nie oorwin nie.
Die vrees is dat Kersdag se sterk wind hom weer gaan lewe gee en daarom probeer die brandbestryders om hom so gou moontlik uit te wis.
Op hierdie stadium is geen strukture verwoes nie, maar vir 'n paar huise was dit bitter naby en net die brandbestryders se harde werk het 'n tragedie verhoed.
As alles volgens plan verloop sal die vuur op hierdie Kersdag totaal in bedwang gebring word en daar sal ook gewerk word om die stukke wat smeul finaal te blus.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’