STILBAAI NUUS - Vrywilligers van Stilbaai Roeiklub en Coastal Cleanup het Vrydagoggend 3 Mei die oostelike oewer van die Goukou getakel en in minder as twee ure 50 sakke vullis bymekaar gemaak tussen Dewan en Julie se Baai.
Wat skokkend was is die swartsakke met baie duur kos en drank se houers wat net eenvoudig teen die oewer afgegooi is.
Mens kan seker net bespiegel hoe dit daar beland het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’