RIVERSDAL NUUSFLITS - ‘n 47-Jarige vrou is vanmiddag noodlottig beseer in ‘n ongeluk op die Vermaaklikheidpad buite Riversdal.
Volgens inligting van sersant Edwina Heskwa, mediawoordvoerder van Riversdal Polisie, het die voertuig die pad verlaat en is die vrou op die toneel oorlede.
Haar naam kan nie bekend gemaak word voor haar naasbestaandes in kennis gestel is nie.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'