HEIDELBERG NUUS - 'n Vrou is Sondagmiddag, 25 Junie, noodlottig beseer toe twee voertuie ongeveer 11 km buite die dorp, in die rigting Riversdal, gebots het.
Sers. Imorgene Hendricks, plaaslike polisiewoordvoerder, het bevestig dat daar 'n ongeluk op die N2 was en dat een persoon op die toneel dood verklaar is. Die oorledene se identiteit en ouderdom is nog nie bekend nie.
Sy was die bestuurder van die motor wat vanuit die Oos-Kaap na Kaapstad gereis het toe sy met 'n bakkie, wat glo na Stilbaai op pad was, gebots het.
Daar was twee insittendes, 'n man en vrou, in die bakkie.
Al die beseerdes is na die Riversdal-hospitaal geneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’