RIVERSDAL NUUS - Nooddienste het laat Dinsdagaand na 'n vragmotorongeluk op die N2, sowat 12 km buite Riversdal in die rigting van Heidelberg, gereageer.
Die oproep is omstreeks 23:16 ontvang waarna verskeie nooddienste na die toneel ontbied is.
Die bestuurder, wat die enigste insittende van die voertuig was, is per ambulans na die hospitaal vervoer.
Hy het geringe beserings opgedoen en sy toestand is nie kritiek nie.
Die vragmotor, wat elektriese toerusting vervoer het, het ná die ongeluk die pad versper.
Motoriste is gewaarsku om vertragings te verwag totdat die toneel volledig opgeruim is.
Lede van die brandweer, die Polisie, Provinsiale Verkeersdienste en Metro EMS was op die toneel om die situasie te hanteer en die verkeer te beheer.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’