SWELLENDAM NUUS - ’n Swaar voertuig het vanoggend, 12 November, op die N2 naby Stormsvlei omgeslaan en versper tans beide verkeersrigtings.
Volgens inligting vanaf die padowerhede is die pad vir afsienbare tyd gesluit, en motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.
Padwerkers en noodpersoneel is op die toneel besig met opruimingswerk, maar daar word gewaarsku dat aansienlike vertragings onvermydelik is.
LEES MEER: Huguenot Tunnel night-time closures start tomorrow
Motoriste wat in die omgewing reis, word versoek om geduldig te wees en verkeersbeampte se instruksies te volg totdat die pad weer veilig oopgestel kan word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’