RIVERSDAL NUUS - Elke leerder van Voorwaarts Primêre skool op Riversdal het Donderdag en Vrydag, 17-18 September aan 'n produksie van Jerusalema Challenge deelgeneem.
Dit is oor twee dae gedoen sodat alle leerders betrek kon word.
"Die rede vir die verskillende danse in die video is die diversiteit wat die skool bied en die verskillende etniese groepe wat van hierdie dans uitmaak," vertel Hansie Saayman, een van die koördineerders. "Die doel was om die moraliteit onder leerders en onderwysers te lig, wat verseker gewerk het."
Volgens hom is die woorde van Jeruselema (in Engels), Jerusalem is my home, Guide me, Take me with You so van pas omdat hulle probeer om hul leerders op die regte pad te guide.
"Voorwaarts is hulle huis en dit is hulle grondslag. Ons wil net vir elke leerder en onderwyser se entoesiasme dankie sê, asook vir video- en fotograaf Madri van Rensburg van Madri Stegmann Fotografie vir die produksie."
Hy bedank ook die onderwysers wat met die dansafrigting gehelp het om hierdie trotse produk te lewer.
'n Deel van die skool se leerders besig met die Jerusalema.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'