RIVERSDAL NUUS - Die leerderraadleerlinge van Voorwaarts Primêr het Sondagoggend 1 Oktober om 08:00 op die skoolbus geklim vir hul weeklange opvoedkundige toer na Kaapstad.
Op hul program was 'n besoek aan die Taalmonument in die Paarl en in Kaapstad het hulle, onder andere, by die Kasteel, Kunstekaap, die akwarium by die Waterfront, die planetarium asook die hartmuseum en wetenskapsentrum besoek afgelê.
Maar vir die meeste was die hoogtepunt die sweefspoorrit op na Tafelberg.
Dis Voorwaarts se sewende besoek aan Kaapstad en dis moontlik gemaak deur bydraes van ouers en donasies van besighede in die gemeenskap wat ook die T-hemde geborg het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’